Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by C. P. Hia

ASAP

Vir die meeste Engelsprekendes beteken die akroniem ASAP “so gou as moontlik” of onmiddellik. Maar vir die Christen kan dit iets anders beteken, naamlik Always Say A Prayer. Koning Hiskia was een van Juda se beste konings. Hy het die volk na die Here laat terugkeer nadat sy vader, koning Agas, soveel booshede begaan het (2 Konings 18:3-4). Nogtans, toe…

Dag van goeie nuus

My Australiese vriend, Graham, was nie blind gebore nie. Nee, hy het na ’n fratsongeluk, toe hy 9 jaar oud was, sy sig verloor. Tog het hy nooit homself bejammer nie. Waar hy ook al gegaan het, het hy altyd vertel wat Jesus Christus vir hom beteken. Sy laaste reis, as praktiserende fisioterapeut was na Thailand. Hy wou nie slegs…

tweedehandse geloof

Toe ek in Singapore opgegroei het, kan ek nog onthou hoedat van my vriende deur hulle ouers uit die huis geskop is, omdat hulle dit durf waag het om in Jesus Christus te glo. Hulle het gely ter wille van hulle geloof, maar het as sterker persone na vore gekom. In kontras met hulle, het ek in ’n Christenhuis opgegroei,…

’n Gedenkteken

Die Taj Mahal in Indië is ’n pragtige mausoleum. Dis geheel en al van wit marmer gebou. Die keiser, Shah Jehan, het dit laat oprig ter gedagtenis aan sy vrou wat baie skielik oorlede is. Dit het 22 jaar geneem om dit te voltooi. Jaarliks besoek miljoene toeriste hierdie gedenkteken wat die keiser laat oprig het ter gedagtenis aan die…

Suiwer melk

Onlangs is vasgestel dat sekere melkprodusente in Sjina koeimelk verdun het en die industriële chemikalië, Melamine, bygevoeg het. Hierdie chemikalië is bygevoeg omdat dit die proteïene gehalte van die melk opstoot. Verskeie babatjies het ernstig siek geword en ’n paar het gesterf. Sodanige verdunning is nie iets nuuts nie. Ander lande voeg al vir baie jare Melamine by voer van…

’n Veilige paar hande

Edwin van der Sar, die doelwagter van die Manchester United sokkerspan, het ’n “veilige paar hande” gehad. Hy het vir 1,302 minute van spel verhoed dat ’n bal die doelgebied binnegaan. Dit was ’n wêreldrekord vir een seisoen. Dit beteken dat vir byna 15 wedstryde van 90 minute elk, kon geen ander span ’n doel teen hulle aanteken terwyl hy…

wat bring geluk?

Na die Tweede Wêreldoorlog het Richard Easterlin die gevolge van die na-oorlogse ekonomiese voorspoed in Japan ondersoek en tot die gevolgtrekking gekom dat finansiële groei en geld nie altyd geluk bring nie. Betsey Stevenson en Justin Wolfers daarenteen het ondersoeke in 100 nasies ingestel en bevind dat lewensgeluk en tevredenheid die hoogste is in lande waar geld volop is. Wie…

Betoon ware LiefDe

Die Sjinese Nuwejaar het in 2010 toevallig op dieselfde dag as Valentynsdag geval. Alhoewel hierdie twee feesdae baie verskillende oorspronge het, is daar tog sekere ooreenkomste in hoe die dae gevier word. In beide gevalle gee geliefdes aan mekaar geskenke om so hulle emosie uit te druk. Of dit nou rooi rose op Valentynsdag is, of hong bao (rooi sakkies…

Die reünie

Baie Sjinese sal groot moeite doen om die tradisionele jaarlikse familie reünies by te woon. Hierdie etes vind gewoonlik op Maan Nuwejaar plaas en word in die huis van die ouers of die oudste kind gehou. Sjinese wat oorsee werk, moet vroegtydig die lughawens kontak en besprekings vir hulle vlugte doen, aangesien vlugte daardie tyd baie vol is. Ook die…

gee jy op?

Het jy al ooit lus gevoel om sommer net op te gee? Elia het! God het hom pas gebruik om aan die volk Israel te wys dat Hy alleen God is (1 Konings 18). Nogtans het die dreigemente van koningin Isebel hom so met vrees vervul dat hy na Berseba in Juda gevlug het, meer as 200 kilometers verder suid.…